Radio Kansel onderhoud: Die Nuwe Verklarende Studiebybel (Christine Ferreira met Chris Johnsen) by Struik Christian Media published on 2021-01-21T13:11:41Z Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte. Unieke kenmerke en eienskappe sluit in: • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom • Volkleur karate. Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei. Beskikbaar in ’n verskeidenheid kleure in hardeband-, luukse leer- en egte leer-formate, by alle toonaangewende boekwinkels Besoek die amptelike webwerf vir meer inligting: VerklarendeStudiebybel.co.za #verklarendestudiebybel #verklarendestudiebybelSCM