C-Maximus by Brixton Moord&Roof Orkes published on 2014-09-01T13:12:46Z The track "C-Maximus" from Brixton Moord & Roof Orkes's album "Slaaptyd in die suburbs". Words by Brixton Barnard and music by Kapelaan Pat Plank. C-MAXIMUS Nog twee en vyftig trappe, dan is dit koebaai, dis ek en nog ses ander wat vandag gaan swaai. Die een gaan dan na Laudium, die ander Eersterust, een na Mamelodi, elkeen in sy eie kis. Een ding weet ek wel, gewis – C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. Bel die Magistraat of die Kommissaris, hulle sal laat weet as hul met klaar is. Moet my nie vergeet as ek nie meer daar is. Vrede kom nou na Onrus, C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. Almal pleit onskuldig, maar ek weet ek hoort hier: Ek het my buurman Piet Visagie na sy Heiland gestuur. Jy’t jare lank gekrap en dit het rêrig nie gejeuk, toe moer hy my met ʼn hose pipe, toe moer ek hom met ʼn pik. Sy vrou’t geskree: “Is jy getik!” Maar ek het rêrig nie vir sy voorkop gemik. Bel die Magistraat of die Kommissaris, hulle sal laat weet as hul met klaar is. Moet my nie vergeet as ek nie meer daar is. Pateties in my eie pis, C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. Sit jou linkervoet na buite en dan trippel jy op die trap, span jou hande om die ketting laat dit klieng-klang-klieng-klang klap. Sit jou regtervoet na buite en dan trippel jy op die trap, span jou hande om die ketting laat dit klieng-klang-klieng-klang klap. Een ding weet ek wel gewis – C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. Vrede kom nou na Onrus, C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. Vrede kom nou na Onrus, C-Maximus vir jou gaan ek nie mis. (c) Brixton Barnard Genre Brixton Moord & Roof Orkes Comment by user825087545 Musiek is nice maar die opname se meng stel teleur? Moerrommetteplank! 2014-11-12T02:22:11Z